In die hartjie van die Swartland vier die grootste landbouskou in die Wes- en Suid-Kaap vanjaar sy 90ste bestaansjaar. Mnr. Jacques Bester se liefde vir sy boerdery word waarskynlik net-net geëwenaar deur die geesdrif waarmee hy as President van die Swartlandskou jaarliks woeker om dié streek en sy mense aan sowat 20,000 besoekers bekend te stel. Swartlandskou, met Afgri as ankerborg, het die mees populêre skou geword met noue samewerking tussen die gemeenskap en besighede. Die skou spog met die mooiste perde, beeste, skape en pluimvee en 'n masjienerie uitstalling ter waarde van R230 miljoen. Vanaf Woensdag 4 tot Saterdag 7 September 2024 word daar weer 'n wye verskeidenheid aktiwiteite aangebied, wat die voorkeure van 'n breë spektrum besoekers sal bevredig. Dit sluit in wêreldklas Kampioenskappe, Streek Jeugskou, Landbouseminaar, die gewilde Damesdag met bywoning van meer as 500 dames, vermaak, groot verskeidenheid van uitstallers, wyntuin, restaurante, kindervermaak en vele meer. Kom Ervaar Plattelandse geselligheid en deel in die "Cool" van landbouSwartlandskou 4 - 7 September 2024
Age Range: | 0-16, 16-21, 22-40, 40+ |
---|---|
Languages: | Afrikaans, English |
04/09/2024 | 09:00 AM - 05:00 PM |
---|---|
05/09/2024 | 09:00 AM - 05:00 PM |
06/09/2024 | 09:00 AM - 05:00 PM |
07/09/2024 | 09:00 AM - 05:00 PM |
Mon | Closed |
---|---|
Tue | Closed |
Wed |
09:00 AM - 05:00 PM |
Thu |
09:00 AM - 05:00 PM |
Fri |
09:00 AM - 05:00 PM |
Sat |
09:00 AM - 05:00 PM |
Sun | Closed |